Verdere vrae

Wat is die US se akkreditasie nommer? 

Lees verder...

Hoe word kortkursusstudente geregistreer?

‘n Basiese registrasievorm word gebruik om die nodige studente-inligting in te win waarna die inligting op die sentrale studente inligtingstelsel geregistreer moet word. Departemente is self verantwoordelik vir hierdie sentrale registrasie.

Hoe betaal ek my kursus?

Kortkursus deelnemers betaal hul kursusfooie direk in die Universiteit se bankrekening via elektroniese depositos of direk by die kassiere. Deelnemers moet versoek word om die bewys van betaling aan die departement te faks. 


Die bankbesonderhede wat gebruik word is: 
Standard Bank
Tjekrekening
Rekeningnommer
073006955
Takkode 050610

Betalingaanwysigings soos in die deelnemer se toelatingsepos aangedui word.