Interpreting / Tolking

Estimated cost: R10 001 – R20 000
Field Of Study: Translation
Department Name: Afrikaans and Dutch

Objectives:

Die oorkoepelende doelwit in die tweede semester is die onderrig van praktiese tolking uit 'n spesifieke brontaal in 'n doeltaal. Die beskikbare taalkombinasies is: Engels-Afrikaans, Afrikaans-Engels en Engels-Xhosa.
Spesifieke doelwitte behels dat studente gelei word om:
Die spesifieke aard en uitdagings van die betrokke tolktaak te begryp
Tolkstrategieë aan te wend om hierdie uitdagings die hoof te bied
Spesifieke tolkbesluite te beskryf en te motiveer Die eerste semester van die kursus het ten doel om studente toe te rus met 'n stewige metodologiese grondslag wat hulle in staat sal stel om 'n beter tolkproduk te lewer.
Spesifieke doelstellings is:
Om studente aan belangrike terminologie en praktykgebaseerde teoretiese benaderings bekend te stel
Om studente die praktiese tolkproses te laat begryp
Om algemene sowel as spesifieke riglyne vir tolking te bied, waaronder bronne en instrumente
Om 'n oorsig van die praktyk van tolking binne die Suid-Afrikaanse konteks te skets
Om studente bekend te stel aan die veld van Tolklstudie as 'n akademiese dissipline waar die teorie en praktyk van tolking ontmoet

Entry Requirement: Professional 3-year Bachelor’s degree/Advanced Diploma or Equivalent Qualification
Certificate Type: Competence
Delivery Mode: Blended
Duration: 2 academic semesters
Presentation Language: Afr/Eng
Contact Person Name: M Blom De Wet
Contact Person Email: maretblom@sun.ac.za
Latest Year Offered: 2024